Hierdie baie luukse en netjiese opgepaste 2 slaapkamer, 2 badkamer suursteen huis is geleë in ’n veilige en gewilde kompleks in ’n goeie area van Sasolburg. Die woning bied uitstekende aandag aan detail en is perfek vir kopers wat net wil intrek sonder enige instandhoudingswerk. Soos die foto’s wys, is elke vertrek stylvol en prakties afgewerk met kwaliteit en netheid as prioriteit. Elke vertrek is verder afgewerk met pragtige dekoratiewe ligte wat bydra tot die luukse gevoel van die woning. Die sonnige sitkamer skep ’n warm en uitnodigende atmosfeer, terwyl die motorhuis met ’n remote oop- en toegemaak word vir ekstra gerief en veiligheid.
+27 (0)82 806 3785
+27 (0)16 976 0860
whatsapp agent
bodycorp@lnpaudit.co.za
bodycorp@lnpaudit.co.za
View all agent properties